Skip to content
Tuis

Afrikaans is elegant. Afrikaans is tydloos.

Kaartjies nou beskikbaar op Seatme.

Stef Bos, Karen Zoid, Nataniël

NUUT! OORSPRONKLIK! GESOFISTIKEERD! ONVERSKROKKE! GESTROOP!

Met dekades en dekades se ondervinding, toewyding en onafhanklikheid betree drie sangers die verhoog vir die heel eerste AFRIKAANS IN STYL, elkeen met sy eie konsert-binne-’n-konsert, elkeen met ’n skatkis van sy eie materiaal, omring van die land se beste musikante.

STEF BOS, KAREN ZOID en NATANIËL bring hulle wêrelde saam in twee unieke vertonings. Bekend of onbekend, gevestig of eksperimenteel, byna-klassiek of splinternuut, alle pole word verken. Ná ure se gesprekke deel hulle temas, oortuigings en verskille. So eerlik soos altyd, uitsonderlik-persoonlike oomblikke, klein verrassings, groot note en laaang stories.

Onder die musikale leiding van Charl du Plessis word die kollig gedeel met Juan Oosthuizen (kitaar), Henry Steel (kitaar), Brendan Ross (klawers en stem), Werner Spies (bas), Rixi Roman (bas), Peter Auret (tromme), Marlon Green (tromme), ’n strykorkes, sangers Nicolaas Swart en Dihan Slabbert en ’n paar geheel en al onverwagse, onoortreflike stemme en gesigte. 

Styl: oorspronklike musiek, teater op groot skaal.

Styl: akoesties.

Styl: kunstenaars met eie keuses.

Styl: geen pouse, geen rondlopery, geen foto’s, geen kortbroeke.

Styl: pop-up winkels in die foyer.

Tuis

Nataniël

Nataniël het meer as dertig jaar gelede sy solo-loopbaan afgeskop met die vrystelling van sy eerste enkelsnit.
Sedertdien het hy meer as 19 albums vrygestel, meer as 80 oorspronklike verhoogproduksies op die planke gesit en 21 boeke gepubliseer.

Nataniël het homself gevestig as sanger, liedjie-skrywer, vervaardiger, direkteur, ontwerper en die leidende eksponent van solo verhoog optredes in Suid-Afrika.

Tuis

Karen Zoid

Karen Zoid staan bekend as sangeres, liedjie-skrywer, komponis, musikant en die aanbieder van die kykNET geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika. Sy was ook een van die beoordeelaars van die sang-kompetisie The Voice SA. Karen Zoid word lof toegejuig vir haar bydrae tot die musiek- en vermaak-bedryf in beide Engels en Afrikaans en staan bekend as Suid-Afrika se “Queen of Rock”.

Zoid het al meer as 10 albums en DVD opnames vrygestel.

Tuis

Stef Bos

In die negentigs stel Johannes Kerkorrel die Nederlands gebore Stef Bos aan Suid Afrika bekend, en die Suid Afrikaners aan Stef Bos, en ‘n lewenslange liefdesverhouding ontstaan, in so ‘n mate dat Stef sy hart op Kaapstad verloor en hom daar vestig. Stef ontvang vele internasionale en plaaslike toekennings en hy is die eerste buitelander wat ’n toekenning ontvang vir sy bydrae tot die Afrikaanse taal en musiek.

Stef is ’n dubbel  platinum verkoper,  sanger, liedjieskrywer, skrywer en akteur en  het ’n legio albums asook 4 boeke die lig laat sien.

Tuis

Vele Meer

’n Glansviering van Suid-Afrika se ikone, vir die eerste keer saam op een verhoog: Nataniël, Karen Zoid, Stef Bos en andere. Dis wêreldklas, dis méér as musiek.

Dis Afrikaans in Styl
.

– ONS BORGE –

KAARTJIES

NOU BESKIKBAAR

PRETORIA

Sun Arena, Time Square

27 Augustus 2022

KAAPSTAD

Grand Arena, GrandWest

3 September 2022